ONS STORIE


2 Sept 1989 was die begin van ons onthou-tyd, ons huweliksreis. Ons was versot op mekaar. Ons boodskap op ons troudag was Jak 1:17 - Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. Die Here seën ons met 3 wonderlike seuns. 1 Sept 2017 begin die Liefde van my Lewe se Hemelse lewe, na ‘n baie lang tyd van siekwees. Tot die dood ons skei was skielik heeltemal te gou. Die Beste man en Pappa wat hy was, het hy vroegtydig vir sy seuns voorsien. In die heel eerste vergadering waar ons pad as Entrepreneurs begin het, skryf my Engel die woorde in die leêr – DROOM GROOT! Ons leef dus my Liefde se nalatenskap, so ook die vroue in my seuns se lewens. Dankie vir elkeen van julle se ondersteuning en liefde. Doen mooi dinge saam, hê lief, vergeef maklik, begin elke dag nuut, kyk deur Jesus se oë na mekaar, werk hard, dans IN die storms, droom saam en DROOM GROOT! Mag jul dag hier, die begin van baie mooi ONTHOU-DINGE wees. Die Here seën jul.


LIEFDE IS MOOI, LIEFDE LAG BAIE, LIEFDE BRING VREDE

LIEFDE HOU MOED, LIEFDE GEE OM, LIEFDE DIEN