PRYSE & PAKETTE

Ons bied die geleentheid om sakpas troues te kan hou wat steeds baie mooi en stylvol kan wees, sonder die eina wat dit deesdae in mens se beursie laat. Ons vra dus geen per persoon fooi nie. Dit beteken dus dat jul, jul eie spyseniering kan doen, bring en braai kan hou of iemand op ons voorkeurlys kan gebruik. (Let wel, die kos moet reeds voorberei wees). Loer gerus hieronder na ons pryse en wat ons bied.

(Kontak asb per whatsapp of vul die aanlyn vorm in vir enige verdere navrae)

PAKKET 1:

SAKPAS TROUE (Selfdoen)

R21 500

  • Deposito (non-refundable) van R 5 000.00 onmiddellik betaalbaar om bespreking en datum te bevestig (aftrekbaar van die totale bedrag). Balans van die fooi betaalbaar 1 maand voor die troudatum. (non-refundable).
  • Aparte faktuur in geval van breekskade sal uitgereik word voor die bruidspaar die venue verlaat.
  • Skoonmaakfooi reeds ingesluit.
  • Maksimum gaste = 100 (kinders ingesluit).
  • Parkering ook voldoende om 100 gaste te akkomodeer.
  • Ons het ook ‘n voorkeurlys van diensverskaffers beskikbaar.
  • Trou area is beskikbaar vanaf 8:30 tot 00:00.
  • Daar is bruidspaar en gevolg aantrekfasiliteite ingesluit.
  • Alle eetgerei, tafels en stoele is ingesluit.
  • Gaste bring self ietsie te drinke. Geen kroeg is beskikbaar nie en ook geen kurkfooi betaalbaar nie.
  • Bruidspaar reel vir hul eie musiek, kos (insluitend koffie, tee, melk en suiker) en verversings.
  • Bruidspaar is verantwoordelik vir eie dekor of kan teen 'n ekstra fooi die venue se beskikbare dekor huur.
  • Bruidspaar is verantwoordelik vir eie "setup", blomme, dekor en dek van tafels.
  • "String lights" is ingesluit in die onthaalarea.
  • Dit is ‘n self-help perseel, indien die paartjie kelners of so wil reel is dit vir hul eie rekening.

Let wel:

Gratis "viewing" kan gereel word tot 'n maksimum van 1h30. Kontak per whatsapp vir Charmain van den Berg - 083 229 9047

PAKKET 2:

INKLUSIEWE TROUE

R 37 000

  • Deposito (non-refundable) van R 5 000.00 onmiddellik betaalbaar om bespreking en datum te bevestig (aftrekbaar van die totale bedrag). Balans van die fooi betaalbaar 1 maand voor die troudatum. (non-refundable).
  • Aparte faktuur in geval van breekskade sal uitgereik word voor die bruidspaar die venue verlaat.
  • Skoonmaakfooi reeds ingesluit.
  • Maksimum gaste = 100 (kinders ingesluit).
  • Parkering ook voldoende om 100 gaste te akkomodeer.
  • Ons het ook ‘n voorkeurlys van diensverskaffers beskikbaar.
  • Trou area is beskikbaar vanaf 8:30 tot 00:00.
  • Daar is bruidspaar en gevolg aantrekfasiliteite ingesluit.
  • Alle eetgerei, tafels, stoele en alle beskikbare dekor is ingesluit.
  • Blomme is ingesluit binne nodige begroting (hooftafel, gastetafels, 2 x kerkruikers, bruidshandruiker, 3 x blommemeisieruikers, bruidegom skouerruiker, 3 x addisionele skouerruikers).
  • Droom Groot Venue is verantwoordelik vir die "setup", dekor en dek van tafels. (met slegs dit wat beskikbaar is by die venue). Indien bruidspaar addisionele dekor wil gebruik is dit vir hulle eie rekening.
  • Gaste bring self ietsie te drinke. Geen kroeg is beskikbaar nie en ook geen kurkfooi betaalbaar nie.
  • Bruidspaar reel vir hul eie musiek, kos (insluitend koffie, tee, melk en suiker) en verversings.
  • "String lights" is ingesluit in die onthaalarea.
  • Dit is ‘n self-help perseel, indien die paartjie kelners of so wil reel is dit vir hul eie rekening.
  • Spesiale aanbieding van R7000 vir fotopakket 1 van Destination Studios/Square Rooted is ingesluit, maar sal apart gefaktureer word. 50% is onmiddellik betaalbaar om bespreking en datum te bevestig. Hierdie bedrag sal van die totale Inklusiewe troupakket-bedrag afgetrek word. (Indien enige verdere inligting benodig word, kontak gerus Chanel - 084 212 2618)
  • Oornag verblyf in die wittebrood-suite. (Uitkloktyd = 10h00 die volgende oggend)

Let wel:

Gratis "viewing" kan gereel word tot 'n maksimum van 1h30. Kontak per whatsapp vir Charmain van den Berg - 083 229 9047

LIEFDE IS BEHEERSD, LIEFDE STAP SAAM, LIEFDE IS SAG

LIEFDE MAAK HEEL, LIEFDE GEE SKADU, LIEFDE IS SKUILING IN STORMS

FUNKSIES & PARTYTJIES

R3 000 PER 4 UUR SLOT

• R 3000.00 (50% deposito betaalbaar van TOTALE faktuur met bespreking). Daarna R500 per addisionele uur.
• 90min gratis beskikbaar om op te stel voor die tyd. Daarna R500 ekstra per addisionele uur.
• R500 Skoonmaakfooi betaalbaar (verpligtend).
• Eetgerei, tafels, stoele en braai fasiliteite is ingesluit.
• Dekor items kan gehuur word. Die Venue kan tafels dek en versier teen R350 per tafel. (greenery, underplates en runners)
• Bring eie verversings, kos, drinkgoed en musiek.
• Geen kroeg beskikbaar nie.